Net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en Sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.
Matt 20:28.
Sien ook die volgende bybelverse: Luk 22:19-20, Matt 26:26-28, 1 Kor 11:23-26, Joh 13-4-8, Joh 13:4-17
Wat is ons missie ivm die Nagmaal.
Die Nagmaal is ‘n Heilige instelling deur Jesus in die nag wat Hy verraai is.
Dit is ons missie om in Jesus se voetspore te stap en die leierskap van WRBC, die gemeente en Sy kinders te bedien met die Nagmaal soos wat Hy dit gedoen het in 1 Kor 11:23-26.
23. Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het;
24. en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê : Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle begreek word ; doen dit tot my gedagtenis.
25. Net so ook die beker ná die ete, met die woorde : Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed ; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.
26. Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.
1 Kor 11:23-26.
Wat is ons funksie gedurende die Nagmaal?
Om Jesus se hande en voete te wees en die leierskap, gemeente en Sy kinders te bedien met die fisiese brood en wyn/sap soos wat hy gedoen het in Matt 26:26-28 en Luk 22:19-20 en Joh13:4-17
Gedragskodes en beginsels
Ons is hier om eerstens die Here te dien, Sy Naam te verheerlik en groot te maak. Ps 135:1-5
Tweedens om die leierskap van WRBC, Sy kinders en die gemeente te bedien met die brood, wat Sy liggaam voorstel, en wat vir ons gebreek is so ook die beker wat Sy bloed voorstel. Matt 26:26-28
Ons is so bevoorreg om die Nagmaal te kan bedien en in ‘n mate staan ons in Jesus se skoene wat dit betref. Ons sal nooit volmaak kan optree soos Hy nie maar gelukkig is Hy getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons te lei in ons bediening. Daar is ‘n paar beginsels wat van toepassing is in ‘n bediening soos die Nagmaal as ook in al die ander bedieninge.
- Ons dien ‘n God van orde, kalmte en vrede en daarom is dit ons verantwoordelikheid om toe te sien dat alles ivm die nagmaal ordelik verloop.
- Die van ons wat getroud is, moet getrou bly aan haar man en hy aan sy vrou. Indien daar ‘n probleem is in die verband, kom praat met ons sodat ons kan help en of hulp kry. Vir die wat nie getroud is nie, moet hulle self skoon en heilig hou voor die Here. Bymekaar bly is nie die beeld of voorbeeld wat ons kan verkondig of uitdra na die gemeente of na buite nie.
- Goeie taalgebruik is baie belangrik. Ons gedrag en taalgebruik moet ook in ons privaat lewe weerspieël vir wat ons staan en wie ons dien. Dit maak nie saak in watter situasie ons, ons bevind of waardeur ons worstel nie.
- Indien daar iemand is wat rook, vra ons dat terwyl ons op n Sondag in die bediening van die nagmaal staan, dat ons nie sal rook tot na die diens nie.
- Sosiale media is ‘n vinnige weg gee van wie ons werklik is buite die kerk. Familie gevegte en swartsmeer van ander is nie toelaatbaar nie. Dit reflekteer ook nie ‘n lewe wat die Here eerste stel nie. Dit wat op die internet geplaas is, is daar vir altyd, dit gaan nooit weg nie. Spyt is ‘n goeie ding maar kom altyd bietjies te laat.
- As daar enige verskille tussen ons as die leierskap van die bediening, en enige een of iemand anders of iemand in die Nagmaal bediening is, sal ons dit in ‘n vriendelike en vredevolle gesindheid met mekaar uitsorteer. Geen geskinder of agteraf pratery van enige iemand sal geduld word nie. Ons praat met, en van mekaar met eer en respek.
- Indien iemand of ‘n gemeente lid iets aan een van ons in vertroue noem word dit so handteer en ondersteun. As ons nie kan help nie, verwys ons die persoon na die onderskeie bedieninge, afhangende van wat die probleem is. Ons vra ook die persoon of ons hulle kan voorstel aan die leier van die bediening, sodoende sien ons toe dat die persoon wel hulp kry op geestelike of emosionele vlak en nie net verlore raak in die gemeente nie.
Ons vertrou dat julle die skrywe sal ontvang met al die liefde en respek wat ons vir julle almal het. Ons, as die leiers van die bediening neem die bediening baie ernstig op net soos wat ons glo julle ook doen.